Erikavolkspelelaer

Tuisblad

Aktiwiteite

Kontak

Gallery

Vehuring





Terug

Ons Laer:

Erikavolkspelelaer is in 1941 gestig deur mev. Cecile De Ridder. Oorspronklik het die laer bekend gestaan as Jakarandavolkspelelaer, maar die naam is later verander na Erikavolkspelelaer. Dit beteken dat die laer in 2016 reeds 75 jaar oud was.

Erikavolkspelelaer het tans 54 geregistreerde lede met ouderdomme wat wissel tussen 16 en 84 jaar. Daar is beslis ‘n ouderdomsgroep wat almal sal pas.

Die begeleiding word gedoen met ‘n klavier, trekklavier en elektriese dromme, wat ‘n hartlike atmosfeer skep vir iedereen wat in die kring speel. Dit gee die spelleier die geleentheid om ook deur die loop van die aand ‘n bietjie afrigting te doen. Nuwelinge hoef dus nie bekommerd te voel dat hulle verlore sal wees in die samespel van verskeie passies en bewegings nie.

Die Erikavolkspelelaer is geregistreer binne die Noordelike Komitee vir Volksang en Volkspele (NKVV), voorheen die Noord-Transvaalse Wyksbond vir Volksang en Volkspele. Die streek vorm dan deel van die oorkoepelende Volkspelebeweging wat deur ‘n Nasionale Raad bestuur word. Op laervlak word daar binne ‘n stel huishoudelike reëls gewerk, wat deur ‘n laerbestuur gehandhaaf word.

Erikavolkspelelaer is ook die eerste laer wat ‘n saamtrek gehou het onder die vaandel van die nuwe streek (NKVV).

Die saamtrek is gehou op 2 Februarie 2013 in die AP Kerksaal, Ben Swartstraat Pretoria.

Die amptelike drag van die laer is soos volg:

Neefs: Swart broek en-baadjie met ‘n borduurpatroon voorop (Erika blom en Protea blom) en wit nekdoek.

Niggies: Pers rok met wit nekdoek.

Vir kleurvolle optredes word daar soms ook met verskillende kleure rokke en onderbaadjies gespeel.

Ledegeld: navrae@erikavolkspelelaer.co.za



Erikavolkspelelaer



Bestuur 2017 - 2019


Terug



Hosted By : Proliant Communications