Erikavolkspelelaer

Tuisblad

Aktiwiteite

Kontak

Gallery

Vehuring





Ons Laer






Aandenkings




http://volkspele.co.za/avvb


Erika Volkspele Opleiding en Oefen geleentheid.


Kom kuier saam met die Volkspelers van Erikavolkspelelaer.

Volkspele is ‘n gevestigde deel van ons erfenis. Ons hoof-aktiwiteit is aande waar oud en jonk hierdie lekker Afrikaanse tradisie deel.

Erikavolkspelelaer bied die volgende geleenthede:

 

LEKKER UITKOMKANS. Breek weg uit jou gewone roetine en kom kuier elke Vrydagaand saam met ‘n dinamiese groep mense van verskillende ouderdomsgroepe.

 

HEERLIKE VOLKSDANS-ERVARING. Sang, musiek en ritme. Goeie fisiese oefening in ‘n aangename omgewing.

 

BEKWAME SPELAFRIGTING EN BEGELEIDING. Hulpvaardige volkspelers, professionele spelleiding en choreografiese handleidings.

 

VEILIGE SOSIALISERING in ‘n ordentlike kerngesonde opbouende omgewing onder formele bestuur. Bied ook ‘n goeie geleentheid om betrokke te raak.

MAAK NUWE VRIENDE. Gewaardeerde vriende is baie belangrik in goeie en in moeilike tye.

 

CHRISTELIKE BEGINSELS EN WAARDES. Dien as grondslag en word aktief uitgeleef.

 

BETROKKE OP BAIE ANDER TERREINE. Die Erikavolkspelelaer is ‘n dinamiese groep met daguitstappies, naweekkampe, toere, Sondagbraaie, teaterbesoeke, kuieraande, Volkspele optredes ens. met die klem op gesonde samesyn. Bywoning van ander Volkspelelaers se saamtrekke wat op Saterdagaande plaasvind.

 

LIDMAATSKAP is beskikbaar vir mense wat waarde heg aan hierdie kultuur-erfenis. Lidmaatskap geskied per uitnodiging van die bestuur, nadat jy by drie geleenthede die laer besoek het en deur twee Volkspele-lede aanbeveel is.

 

WAT STAAN JOU VOOR DIE DEUR? Besoek ons webwerf, www.erikavolkspelelaer.co.za, vir al die kontaknommers van die werwingsbeampte en voorsitter of epos vir besonderhede na navrae@erikavolkspelelaer.co.za. Op die webwerf sal jy ook ander inligting kan kry oor aktiwiteite waar ons betrokke is. Kom besoek dan ‘n spele-aand (elke Vrydagaand 19:30) en meld aan by die sekretaresse. Drag is semiformeel. Mans (neefs) dra langbroek en verkieslik ‘n langmouhemp en toe skoene. Dames (niggies) dra wye rok (romp) met plat toe skoene. Jy kan eers net ‘n toeskouer wees om touwys te raak of sommer direk in die kring inskakel om die ander Volkspelers te volg. So leer jy die vinnigste.

 

WAAR EN WANNEER. Ons doen Volkspele op Vrydagaande vanaf 19:30 tot 22:00 in ons eie saal met die naam van DIE WERF.



Hosted By : X3M Digital