Erikavolkspelelaer

Tuisblad

Aktiwiteite

Kontak

Gallery

Verhuring





Spele-aande :

Elke Vrydagaand vanaf 19:30 tot 22:00

Spele begin om 19:30 tot 20:45. ‘n Kort pouse word gehou.

Dan sing ons vir 15 minute waarna die volkspele weer voortgaan tot so 22:00.

Hierna drink ons koffie en gaan kuier-kuier uitmekaar.









Oefenaande:

Woensdagaande vanaf 19:30 tot 21:00

Hierdie aande word uitsluitlik gebruik vir oefening en is baie informeel.

Dit is gewoonlik bedoel as voorbereiding vir vertonings



Sondag bring en braai:

Elke laaste Sondag van die maand vanaf 11:30



Tydens die spele-aande is daar nie baie tyd vir kuier nie.

Die Sondag braai is dus die perfekte geleentheid om bietjie te kuier.

Elke gesin bring sy eie kos saam en kom braai dan vleis. Die vure word voorsien.



Straattafel:

Dit is een van die fondsinsamelingsprojekte wat maandeliks plaasvind.

Ondersteuning deur mede volkspelers en die publiek word werklik waardeer.






Hosted By : Proliant Communications